Welkom
"Ons moet weer met 'n oop gemoed kyk na alle heilige geskrifte, ook die op die esoteriese rakke.
Dit is nie net die Boesman, Zoeloe, Indiër of die Amerikaanse inboorling wat oor 'n mistieke mitologiese verlede beskik nie, ons Europese oerouers was die Wyse ou Vroue en Manne wat die Hollandse vlaktes, die Franse kus en die Germaanse berge laat sing het met hulle magiese mag.
Ons moedertaal omhels die geestelike begrippe van ons Aardgelowige stamouers met wonderbaarlike liefde, net soos Moeder Aarde ons omhels. En die Afrikaner wil immers sy hart, siel en gees in Afrikaans genees!
Welkom by Spinnerak,die byeenkoms plek van Afrikaanse Pagans op die Wye Web. Waar ons in Afrikaans ons Pad in Ons Taal loop en die Mysterie ondersoek
Ons is Trots Pagaan,Afrikaans en deel van Afrika! Kom ontdek di Oer-Misteries en Wyshede wat ons Reg is ..en wat ONS Harte laat sing....
Comments powered by CComment